Exodus 3:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En God het vir Moses gesê: EK IS WAT EK IS; en hy het gesê: So moet jy aan die kinders van Israel sê: EK IS, het my na jou toe gestuur.
Afrikaans (NLV) 2011
God het hom geantwoord: “Ek is soos wat Ek is. Sê maar net vir hulle: ‘Ek Is’ het my na julle toe gestuur.’”
Afrikaans 1933/1953
En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur.
Afrikaans 1983
Toe sê God vir Moses: “Ek is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Ek is’ het my na julle toe gestuur.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
God sê toe vir Moses: “Ek Is Wie Ek Is.” Hy sê toe ook: “So moet jy die Israeliete antwoord, ‘Ek Is het my na julle gestuur.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe sê God vir Moses: “My Naam is: ‘Ek is wat Ek is.’ Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Ek Is’ het my na julle toe gestuur.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Ek is wat Ek is,” het God vir Moses gesê. “Jy moet vir die Israeliete só sê: Ek-wat-is, dis Hy wat my na julle toe gestuur het.”