Exodus 3:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Gaan heen, versamel die oudstes van Israel en sê vir hulle: Die HERE, die God van julle vaders, die God van Abraham, van Isak en van Jakob, het aan my verskyn en gesê: Ek het jou gewis besoek en gesien wat aan jou gedoen word in Egipte:
Afrikaans (NLV) 2011
“Gaan maak nou die leiers van Israel bymekaar. Sê vir hulle: ‘Ek het die Here, die God van julle voorouers — die God van Abraham, Isak en Jakob — by die bos wat brand, ontmoet. Hy het vir my gesê: Jy kan seker wees dat Ek oor julle bekommerd is en dat Ek raakgesien het wat met julle in Egipte gebeur.
Afrikaans 1933/1953
Gaan heen en versamel die oudstes van Israel en sê vir hulle: Die HERE, die God van julle vaders, het aan my verskyn, die God van Abraham, Isak en Jakob, en het gesê: Ek het terdeë ag gegee op julle en op wat julle in Egipte aangedoen is.
Afrikaans 1983
“Gaan roep nou die leiers van Israel bymekaar en sê vir hulle: ‘Die Here die God van julle voorvaders, die God van Abraham, Isak en Jakob, het aan my verskyn en gesê: Ek weet van julle en Ek weet ook wat julle aangedoen word in Egipte.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Gaan, en bring die oudstes van Israel byeen, en sê vir hulle, ‘Die Here, die God van julle voorvaders, die God van Abraham, Isak en Jakob, het aan my verskyn en gesê: “Ek gee noukeurig aandag aan julle en aan wat julle in Egipte aangedoen word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Gaan maak die leiers van Israel bymekaar en sê vir hulle die Here, die God van hulle voorvaders, die God van Abraham, Isak en Jakob, het aan jou verskyn en gesê: ‘Ek weet van julle, Ek sien wat die Egiptenaars aan julle doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Gaan maak nou die leiers van Israel bymekaar en sê vir hulle: ‘Ek het die Here, die God van julle voorouers, die God van Abraham en Isak en Jakob, by die doringbos ontmoet. Hy het gesê: ‘Ek het goed na julle probleem gekyk. Ek het gesien wat daar alles met julle in Egipte gedoen word.