Exodus 3:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Verder het hy gesê: Ek is die God van jou vader, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob. En Moses het sy aangesig verberg; want hy was bang om na God te kyk.
Afrikaans (NLV) 2011
God sê toe vir hom: “Ek is die God van jou voorouers — die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob.” Toe Moses dit hoor, het hy sy hande voor sy gesig gehou. Hy was bang om na God te kyk.
Afrikaans 1933/1953
Verder sê Hy: Ek is die God van jou vader, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob. Toe het Moses sy aangesig verberg, want hy was bevrees om God aan te sien.
Afrikaans 1983
Verder sê Hy: “Ek is die God van jou voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob.” Toe maak Moses sy gesig toe, want hy was bang om na God te kyk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarop sê Hy: “Ek is die God van jou voorvader, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob.” Moses het sy gesig bedek, want hy was bang om na God te kyk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek is die God van jou voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob.” Moses het sy gesig toegemaak, want hy was bang om na God te kyk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek is die God van jou voorouers, die God van Abraham en van Isak en van Jakob.” Moses het toe sy hande voor sy oë gehou, want hy was bang hy moet na die Here kyk.