Exodus 3:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Nou dan, kyk, die geroep van die kinders van Israel het tot my gekom, en ek het ook die verdrukking gesien waarmee die Egiptenaars hulle verdruk.
Afrikaans (NLV) 2011
Die volk se noodroep het by My uitgekom en Ek het raakgesien hoe die Egiptenaars hulle verdruk en swaar laat werk.
Afrikaans 1933/1953
En nou, kyk, die jammerklagte van die kinders van Israel het tot by My gekom. Ook het Ek die verdrukking gesien waarmee die Egiptenaars hulle verdruk.
Afrikaans 1983
Die noodkrete van die Israeliete het My bereik, en Ek het ook aanskou hoe Egipte hulle verdruk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En nou, kyk, die noodkreet van die Israeliete het My bereik. Ek het ook die verdrukking waarmee Egipte hulle verdruk, raakgesien.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het gehoor hoe die Israeliete bid en vir My vra om hulle te help. Ek het gesien dat die Egiptenaars slegte dinge aan hulle doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek het tot in die hemel gehoor hoe die Israeliete roep dat iemand hulle moet help. Ek het ook gesien hoe die Egiptenaars hulle mishandel.