Exodus 33:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy sê vir hom: As U teenwoordigheid nie saam met my gaan nie, dra ons nie hiervandaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Moses sê vir Hom: “As U nie self saamgaan nie, moet U ons nie eers ’n tree van hier af laat beweeg nie.
Afrikaans 1933/1953
Toe sê hy vir Hom: As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie.
Afrikaans 1983
Toe het Moses vir Hom gesê: “As U nie self saamgaan nie, moet U ons nie van hier af laat wegtrek nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het vir die Here gesê: “As u teenwoordigheid nie saamgaan nie, moet U ons nie van hier af laat optrek nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Moses het vir Hom gesê: “As U nie self met ons saamgaan nie, dan moet U ons nie laat weggaan van hier nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Asseblief,” sê Moses vir die Here, “as U nie self saamgaan nie, moet U ons glad nie hiervandaan af laat weggaan nie.