Exodus 34:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En daarna het al die kinders van Israel nader gekom, en hy het hulle alles opdrag gegee wat die HERE met hom gespreek het op die berg Sinai.
Afrikaans (NLV) 2011
Die hele volk het nadergekom, en Moses het alles oorvertel wat die Here vir hom op Sinaiberg gesê het.
Afrikaans 1933/1953
En daarna het al die kinders van Israel nader gekom, en hy het hulle alles beveel wat die HERE met hom gespreek het op die berg Sinai.
Afrikaans 1983
Daarna het al die Israeliete nader gekom, en hy het hulle alles beveel wat die Here vir hom op Sinaiberg gesê het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarna het al die Israeliete ook nader gekom, en hy het hulle alles beveel wat die Here vir hom op die berg Sinai gesê het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarna het al die ander Israeliete ook nader gekom, en Moses het vir hulle alles gesê wat die Here met hom op Sinai-berg gepraat het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe al die Israeliete by hom was, het Moses alles wat die Here vir hom op die berg Sinai gesê het, aan hulle oorgedra.