Exodus 35:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En elke wyse van hart onder julle sal kom en alles maak wat die HERE beveel het;
Afrikaans (NLV) 2011
“Almal onder julle wat die bekwaamheid het, moet kom om die dinge te maak wat die Here gesê het:
Afrikaans 1933/1953
En almal wat kunsvaardig is onder julle, moet kom en alles maak wat die HERE beveel het:
Afrikaans 1983
“Elke vakman onder julle moet kom help dat alles gemaak word wat die Here beveel het:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Laat elkeen onder julle wat vaardig is, kom en alles maak wat die Here beveel het:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Al die ambagsmanne moet kom en hulle moet alles maak wat die Here gesê het:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Almal wat die kennis en die vaardigheid het, moet kom help om die tent te maak.