Exodus 39:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het die plaat van die heilige kroon van suiwer goud gemaak en daarop 'n skrif geskrywe, soos die gravures van 'n seël: HEILIG AAN DIE HERE.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle het ook vir Aäron se tulband ’n blom van suiwer goud gemaak. Daarin was fyn gegraveer: “Net vir die Here.”
Afrikaans 1933/1953
Hulle het ook die plaat van die heilige kroon van suiwer goud gemaak en daarop geskrywe met letters soos dit op 'n seëlsteen uitgesny word: HEILIG AAN DIE HERE.
Afrikaans 1983
Hulle het 'n blom van suiwer goud vir die gewyde tulband gemaak en daarop, soos op 'n seëlring, gegraveer: Aan Die Here Gewy.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het die roset, die heilige wydingsteken, van suiwer goud gemaak en daarop gegraveer soos wanneer 'n seëlring gegraveer word, “Heilig vir die Here. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het 'n blom van skoon goud gemaak vir die tulband, en daarop geskryf soos 'n mens op 'n ring skryf: “ Gewy aan die Here.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle het ook vir Aäron se hoed ’n blom van suiwer goud gemaak. Hulle het met kunstige letters daarop gegraveer: “Vir die Here alleen.”