Exodus 4:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Gaan dan nou, en Ek sal met jou mond wees en jou leer wat jy moet sê.
Afrikaans (NLV) 2011
Loop, gaan maak soos Ek vir jou sê! Ek sal jou goed laat praat en vir jou voorsê wat jy moet sê.”
Afrikaans 1933/1953
Gaan dan nou heen, en Ek sal met jou mond wees en jou leer wat jy moet sê.
Afrikaans 1983
Gaan nou, Ek sal jou help met die praat en jou leer wat jy moet sê.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Gaan dan nou! Ek sal met jou mond wees en jou leer wat jy moet sê.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Gaan nou, Ek sal jou help om te praat. Ek sal vir jou leer wat om te sê.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Gaan tog nou Egipte toe. Ek sal jou mond laat praat. Ek sal die regte woorde in jou mond laat kom.”