Exodus 4:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy sal jou woordvoerder vir die volk wees, en hy sal wees, selfs hy sal vir jou wees in die plek van 'n mond, en jy sal vir hom in die plek van God wees.
Afrikaans (NLV) 2011
Aäron sal namens jou met die volk praat. Hy sal jou mond wees. Jy sal soos God wees wat vir hom voorsê wat hy moet sê.
Afrikaans 1933/1953
En hy moet vir jou met die volk spreek, en dan sal hy vir jou 'n mond wees en jy vir hom 'n god wees.
Afrikaans 1983
Wanneer hy namens jou met die volk praat, is hy jou segsman en jy die een wat hom sy opdragte gee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy moet namens jou met die volk praat. Dit is hoe dit gaan gebeur – hy sal vir jou 'n mond wees en jy sal vir hom 'n god wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Aäron sal vir die volk sê wat jy vir hulle wil sê. Hy sal praat, en jy moet vir hom sê wat hy moet sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy sal in jou plek met die volk praat. Hy sal vir hulle sê wat jy wil hê hulle moet hoor.