Exodus 4:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Ek sê vir jou: Laat my seun gaan, dat hy My kan dien; en as jy weier om hom te laat gaan, kyk, Ek sal jou seun, jou eersgeborene, doodmaak.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het jou beveel om my seun toe te laat om te gaan om My te aanbid. Jy het egter geweier om hom te laat gaan; daarom gaan Ek nou jou oudste seun doodmaak.’”
Afrikaans 1933/1953
Daarom beveel Ek jou: Laat my seun trek, dat hy My kan dien. Maar jy het geweier om hom te laat trek. Kyk, Ek sal jou eersgebore seun laat sterwe.
Afrikaans 1983
Ek het vir jou gesê: Laat my seun gaan sodat hy My kan aanbid. Maar jy het geweier om hom te laat gaan, en nou gaan Ek jou oudste seun doodmaak.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het vir jou gesê, ‘Laat my seun gaan, sodat hy My kan dien.’ Maar jy het geweier om hom te laat gaan. Kyk, Ek gaan jou eersgebore seun om die lewe bring. ” ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
en Ek sê vir jou jy moet my seun laat gaan sodat hy My kan dien. As jy hom nie laat gaan nie, dan sal Ek jou oudste seun doodmaak.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek het jou laat weet dat jy my seun moet toelaat om te gaan om My in die woestyn te aanbid. Jy het geweier om hom te laat gaan. Ek gaan daarom nou jóú oudste en eerste seun laat doodgaan.’”