Exodus 4:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe neem Sippora 'n skerp klip en kap die voorhuid van haar seun af en gooi dit voor sy voete en sê: Waarlik, jy is vir my 'n bloedman.
Afrikaans (NLV) 2011
Sy vrou, Sippora, het ’n skerp mes gevat en haar seun se voorvelletjie daarmee afgesny. Sy het dit teen Moses se geslagsdeel gedruk en vir hom gesê: “Jy is nou my bruidegom wat met bloed beskerm word.”
Afrikaans 1933/1953
Toe neem Sippora 'n skerp klip en sny die voorhuid van haar seun af en gooi dit voor sy voete en sê: Waarlik, jy is vir my 'n bloedbruidegom!
Afrikaans 1983
Sippora vat toe 'n klipmes, sny haar seun se voorhuid af, raak daarmee aan Moses se voete en sê: “Jy is nou my bruidegom wat deur bloed beskerm word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sippora neem toe 'n vuurklip en sny haar seun se voorhuid af. Sy het Moses se voete aangeraak en gesê: “Jy is vir my 'n bloedbruidegom. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Moses se vrou Sippora neem toe 'n klipmes en sy sny haar seun se voorhuid af en sy raak daarmee aan Moses se voete. Sy het vir Moses gesê: “Jy is my man. Hierdie bloed sal jou beskerm.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sy vrou Sippora vat toe ’n mes wat van klip gemaak was en besny haar seun. Sy gooi toe die velletjie wat sy van haar seun afgesny het voor Moses se voete neer met die woorde: “Jy is my bruidegom. Jy word met bloed beskerm.”