Exodus 4:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê die HERE vir Aäron: Gaan na die woestyn om Moses te ontmoet. En hy het gegaan en hom op die berg van God ontmoet en hom gesoen.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here het vir Aäron gesê: “Gaan ontmoet Moses in die woestyn.” Aäron het gegaan en Moses by die berg van God teëgekom. Hy het hom omhels.
Afrikaans 1933/1953
Die HERE het ook aan Aäron gesê: Loop Moses tegemoet in die woestyn. En hy het geloop en hom by die berg van God aangetref en hom gesoen.
Afrikaans 1983
Intussen het die Here vir Aäron opdrag gegee om Moses in die woestyn tegemoet te gaan. Hy het gegaan en hom by die berg van God aangetref en met 'n soen gegroet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here het vir Aäron gesê: “Gaan ontmoet Moses in die woestyn.” Hy het gegaan en op hom afgekom by die berg van God, en hom gesoen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het vir Aäron gesê: “Gaan ontmoet vir Moses in die woestyn.” Aäron het gegaan en hy het Moses by die berg van God gekry en hom gesoen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here het vir Aäron gesê hy moet vir Moses in die woestyn gaan ontmoet. Hy het toe by die berg van God op hom afgekom. Hy het hom gegroet en hom teen die wang gesoen.