Exodus 4:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die HERE het verder vir hom gesê: Steek tog jou hand in jou boesem. En hy het sy hand in sy boesem gesteek, en toe hy dit uithaal, kyk, sy hand was melaats soos sneeu.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe sê die Here vir Moses: “Sit jou hand onder jou klere in.” Moses het dit gedoen. Toe hy weer sy hand uithaal, was dit spierwit melaats.
Afrikaans 1933/1953
En die HERE het verder vir hom gesê: Steek tog jou hand in jou boesem. En hy het sy hand in sy boesem gesteek; en toe hy dit uittrek, was sy hand melaats, soos sneeu!
Afrikaans 1983
“Steek nou jou hand in die vou van jou klere!” Hy steek toe sy hand in en toe hy dit uittrek, was dit melaats, so wit soos sneeu.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here het weer vir hom gesê: “Steek jou hand in die vou van jou kleed. ” Hy druk toe sy hand in die vou, en toe hy dit uittrek, was sy hand melaats, soos sneeu!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het ook vir hom gesê: “Sit jou hand voor in jou klere.” Moses het dit gedoen, en toe hy sy hand uittrek, was sy hand melaats, so wit soos sneeu.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here het vir Moses ook nog ’n tweede teken gegee. Hy het vir hom gesê: “Steek jou hand in jou klere.” Hy het dit gedoen. Toe hy sy hand uithaal, was dit vol spierwit sere.