Exodus 40:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
So het Moses gedoen: net soos die HERE hom beveel het, so het hy gedoen.
Afrikaans (NLV) 2011
Moses het toe presies gemaak soos die Here vir hom gesê het.
Afrikaans 1933/1953
En Moses het gedoen net soos die HERE hom beveel het; so het hy gedoen.
Afrikaans 1983
Moses het alles gedoen presies net soos die Here hom beveel het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Moses het dit toe gedoen – alles wat die Here hom beveel het, het hy net so gedoen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Moses het alles gedoen, presies soos die Here vir hom gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Moses het presies gedoen wat die Here vir hom gesê het.