Exodus 5:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het Moses na die HERE teruggekeer en gesê: HERE, waarom het U hierdie volk so sleg gesmeek? waarom het U my gestuur?
Afrikaans (NLV) 2011
Moses het na die Here toe teruggegaan en by Hom gekla: “Here, hoekom maak U so lelik met u eie mense? Waarom het U my dan gestuur?
Afrikaans 1933/1953
Toe gaan Moses weer na die HERE en sê: Here, waarom het U hierdie volk kwaad aangedoen? Waarom het U my tog gestuur?
Afrikaans 1983
Daarna het Moses weer na die Here gegaan en gesê: “Here, waarom werk U so sleg met hierdie volk? Waarom het U my nou eintlik gestuur?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Moses het toe weer na die Here gegaan en gesê: “My Heer, waarom behandel U hierdie volk sleg? Waarom het U juis vir my gestuur?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Moses het na die Here toe gegaan en gesê: “Here, hoekom laat U dit so sleg gaan met hierdie volk? Hoekom het U my gestuur?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Moses het toe na die Here teruggegaan en by Hom gekla: “Ag, Here, hoekom maak U nou so lelik met die volk? Hoekom het U my na die farao toe gestuur?