Exodus 6:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En dit het gebeur op die dag toe die HERE in Egipteland met Moses gespreek het:
Afrikaans (NLV) 2011
Toe die Here in Egipte met Moses gepraat het,
Afrikaans 1933/1953
het die HERE Moses aangespreek met die woorde: Ek is die HERE. Sê aan Farao, die koning van Egipte, alles wat Ek met jou spreek.
Afrikaans 1983
het Hy vir hom gesê: “Ek is die Here. Gaan sê vir die farao, die koning van Egipte, alles wat Ek vir jou gesê het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
het die Here vir Moses gesê: “Ek is die Here. Sê vir die farao, die koning van Egipte, alles wat Ek vir jou sê.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
het Hy vir Moses gesê: “Ek is die Here. Sê vir die farao, die koning van Egipte, wat Ek alles vir jou gesê het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
het Hy vir hom gesê: “Ek is die Here. Jy moet vir die farao, die koning wat oor Egipte regeer, alles gaan sê wat Ek vir jou gesê het.”