Exodus 6:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
dat die HERE met Moses gespreek en gesê het: Ek is die HERE; spreek jy met Farao, die koning van Egipte, alles wat Ek vir jou sê.
Afrikaans (NLV) 2011
het Hy vir hom gesê: “Ek is die Here. Gaan sê vir die farao, die koning van Egipte, presies wat Ek vir jou gesê het.”
Afrikaans 1933/1953
Toe sê Moses voor die aangesig van die HERE: Ek is onbesnede van lippe! Hoe sal Farao dan na my luister?
Afrikaans 1983
Toe sê Moses vir die Here: “Ek praat swaar, die farao sal nie na my luister nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Waarop Moses toe voor die Here gesê het: “Kyk, my lippe is lomp, hoe sal die farao na my luister?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar Moses het vir die Here gesê: “Ek praat moeilik. Die farao sal nie na my luister nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Moses het toe weer ’n keer baie duidelik vir die Here gesê: “Regtig, ek praat baie swaar. Hoe sal die farao ooit tog na my luister?”