Exodus 7:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê die HERE vir Moses: Farao se hart is verhard, hy weier om die volk te laat trek.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here sê toe vir Moses: “Die farao bly nog steeds eiesinnig en hy weier steeds dat die volk kan gaan.
Afrikaans 1933/1953
Toe sê die HERE vir Moses: Farao se hart is verhard; hy weier om die volk te laat trek.
Afrikaans 1983
Die Here het vir Moses gesê: “Die farao bly onversetlik, hy hou aan weier om die volk te laat trek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here het vir Moses gesê: “Die farao se hart is onversetlik, hy weier om die volk te laat gaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het vir Moses gesê: “Die farao is baie hardkoppig. Hy wil nie die Israeliete laat gaan nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here sê toe vir Moses: “Die farao is hardekwas. Hy bly weier om die volk weg te stuur.