Exodus 9:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar die koring en die rie is nie geslaan nie, want hulle was nie groot nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Die koring en die hawer was darem nog veilig, want dit het nog nie opgekom nie.
Afrikaans 1933/1953
Maar die koring en die spelt was nie weggeslaan nie, want hulle is later.
Afrikaans 1983
maar die koring en die sorghum is nie vernietig nie omdat dit later ryp word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar die koring en die spelt was nie weggeslaan nie, omdat dit eers later opkom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar daar was nog koring en spelt, want dit word later ryp.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die koring en die hawer is darem nie vernietig nie omdat dit eers later moes opkom.