Ezekiel 1:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat die gelykenis van hulle aangesigte betref, hulle vier het die gesig van 'n man gehad en die gesig van 'n leeu aan die regterkant; en hulle vier het die gesig van 'n bees aan die linkerkant gehad; hulle vier het ook die gesig van 'n arend gehad.
Afrikaans (NLV) 2011
Elkeen het die gesig van ’n mens na voor gehad, die gesig van ’n leeu aan die regterkant, die gesig van ’n bees aan die linkerkant en die gesig van ’n arend aan die agterkant.
Afrikaans 1933/1953
En hulle aangesigte het gelyk soos die gesig van 'n mens; en al vier het die gesig van 'n leeu gehad aan die regterkant en al vier het die gesig van 'n bees aan die linkerkant; ook het al vier die gesig van 'n arend gehad.
Afrikaans 1983
Elkeen het vier gesigte gehad. Die vorms van hulle gesigte was so: voor dié van 'n mens, regs dié van 'n leeu, links dié van 'n bul, en agter dié van 'n arend. Elke wese het dus vier gesigte gehad.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wat die voorkoms van hulle gesigte betref: Elkeen van die vier het die gesig van 'n mens gehad, die gesig van 'n leeu aan die regterkant, die gesig van 'n bul aan die linkerkant, en die gesig van 'n arend.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Elke dier het vier gesigte gehad. Voor was die gesig van 'n mens, regs was die gesig van 'n leeu, links was die gesig van 'n bul en agter was die gesig van 'n arend.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die vier gesigte wat elke lewende wese gehad het en wat in elke windrigting gewys het, was dié van die sterkste in die diere- en voëlryk. Die gesig aan die voorkant het gelyk soos dié van ’n mens. Die gesig aan die regterkant het weer gelyk soos dié van ’n leeu. Die gesig aan die linkerkant was dié van ’n bul, en die gesig aan die agterkant het gelyk soos dié van ’n arend. Die vier gesigte was tekens van God se magtige teenwoordigheid.