Ezekiel 1:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het almal reguit vorentoe gegaan; waarheen die gees sou gaan, het hulle gegaan; en hulle het nie omgedraai toe hulle gegaan het nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle het in enige rigting gegaan wat die Gees wou. Hulle kon reguit vorentoe gaan sonder om ooit om te draai.
Afrikaans 1933/1953
En hulle het elkeen reguit vorentoe gegaan; waar die gees ook heen wou gaan, het hulle gegaan; hulle het nie weggedraai as hulle gaan nie.
Afrikaans 1983
Die wesens het reg vooruit beweeg in die rigting waarin die Gees dit wou, en hulle het nie van koers verander wanneer hulle beweeg nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Elkeen het reguit vorentoe beweeg. Waarheen die gees wou gaan, het hulle ook gegaan, sonder om af te draai wanneer hulle beweeg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Elke dier het reguit vorentoe beweeg. Hulle het gegaan waar die Gees wou hê hulle moet gaan. Hulle het nie weggedraai wanneer hulle beweeg het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
In die vier wesens was daar een Gees. Die vier wesens het as ’n eenheid beweeg in die rigting waarin die Gees dit laat gaan het. Nie een van die wesens het van koers afgewyk wanneer die Gees hulle laat beweeg het nie. Die groep het reguit vorentoe beweeg in die rigting wat die Gees gekies het sonder dat hulle ooit omgedraai het.