Ezekiel 1:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat die gestalte van die lewende wesens betref, hulle voorkoms was soos gloeiende vuurkole en soos die voorkoms van lampe; en die vuur was helder, en weerlig het uit die vuur uitgegaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Die wesens het gelyk soos skerp kole vuur wat gloei of soos helder ligte wat brand. Dit het gelyk of weerlig heen en weer tussen hulle flits.
Afrikaans 1933/1953
Aangaande die gestalte van die wesens: hulle voorkoms was soos gloeiende vuurkole, soos die voorkoms van fakkels; die vuur het heen en weer beweeg tussen die wesens, en die vuur het 'n helder glans gehad, en uit die vuur het blitse uitgeslaan.
Afrikaans 1983
Die vorm van die wesens, hulle voorkoms, was soos dié van gloeiende kole vuur; hulle was net soos die vlamme wat heen en weer tussen hulle beweeg het. Die vuur het helder geskyn en blitse het uit die vuur geskiet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wat die vorm van die wesens betref: Hulle het gelyk soos gloeiende kole vuur wat brand, hulle het gelyk soos fakkels. Die vuur het heen en weer beweeg tussen die wesens. Die vuur het 'n helder gloed gehad, en uit die vuur het weerligstrale geflits.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die vier diere het gelyk soos kole vuur, en hulle het ook gelyk soos die fakkels wat heen en weer tussen hulle gaan. Die vuur het helder geskyn, en daar het weerlig uit die vuur gekom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die wesens het soos ’n witwarm vuur gelyk, met helder vlamme wat tussen hulle beweeg. Die vlamme het opgevlam soos dié van ’n baie warm vuur, of soos weerligstrale wat aanhoudend blits.