Ezekiel 1:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die lewende wesens het gehardloop en teruggekeer soos die voorkoms van 'n weerligstraal.
Afrikaans (NLV) 2011
Die wesens het soos weerligstrale heen en weer beweeg.
Afrikaans 1933/1953
En die wesens het heen en weer gesnel, in aansien soos 'n bliksemstraal.
Afrikaans 1983
Die wesens het soos weerlig heen en weer geskiet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die wesens het so heen en weer beweeg dat dit gelyk het soos weerligstrale.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die diere het vinnig heen en weer gegaan soos weerlig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
En die lewende wesens het soos weerligstrale heen en weer geflits.