Ezekiel 1:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En terwyl ek die lewende wesens aanskou het, kyk daar is een wiel op die aarde by die lewende wesens, met sy vier gesigte.
Afrikaans (NLV) 2011
Terwyl ek na hierdie wesens gestaar het, het ek vier wiele op die grond langs elke wese gesien.
Afrikaans 1933/1953
Ek het toe die wesens nader bekyk: daar was een wiel op die grond langs die wesens aan elkeen van die vier voorkante.
Afrikaans 1983
Terwyl ek so na die wesens kyk, sien ek 'n wiel op die grond langs elke wese met sy vier gesigte.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe ek die wesens bekyk, sowaar, toe is daar aan die voorkant langs elk van die vier wesens 'n wiel op die grond.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
En terwyl ek so na hulle kyk, sien ek 'n wiel op die grond langs elkeen van die vier diere.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Terwyl ek na die wesens kyk, sien ek vier wiele op die grond onder die wesens. Onder elke wese was ’n wiel wat aan die grond geraak het.