Ezekiel 1:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die voorkoms van die wiele en hulle werk was soos die kleur van 'n edelkleur, en hulle vier het een gelykenis gehad, en hulle voorkoms en hulle werk was soos 'n wiel in die middel van 'n wiel.
Afrikaans (NLV) 2011
Die wiele het soos kosbare stene geskitter. Al vier wiele het presies dieselfde gelyk. Binne-in elke wiel was daar nog ’n wiel wat dwars daarteenoor gedraai het.
Afrikaans 1933/1953
Die voorkoms van die wiele en hulle maaksel was soos die van 'n chrisoliet; en al vier het dieselfde vorm gehad; daarby was hulle voorkoms en hulle maaksel asof daar 'n wiel binne-in 'n wiel was.
Afrikaans 1983
Die voorkoms van die wiele en hulle afwerking was soos dié van edelstene. Hulle het eenders gelyk en al vier was so gemaak dat daar 'n wiel dwars binne 'n wiel was;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wat die voorkoms en bou van die wiele betref: Dit het soos •chrisoliet geskitter en al vier het een en dieselfde vorm gehad. Dit het gelyk of hulle gemaak was van 'n wiel binne 'n wiel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit het gelyk of die wiele van chrisoliet gemaak was. Die wiele was almal dieselfde, en in elke wiel was daar nog 'n wiel, daardie wiel was dwars.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die wiele het geskitter soos duur en kosbare diamante. Hulle was baie mooi. Al vier die wiele het presies dieselfde gelyk. En binne-in elke wiel was nog ’n wiel, dwars gedraai teenoor die ander een.