Ezekiel 1:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
As hulle gegaan het, het hulle op hulle vier kante geloop, en hulle het nie omgedraai as hulle gegaan het nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Die wesens kon vorentoe beweeg in enige rigting waarheen hulle kyk sonder om om te draai as hulle beweeg.
Afrikaans 1933/1953
Na al vier kante het hulle gegaan as hulle gaan: hulle het nie gedraai as hulle gaan nie.
Afrikaans 1983
hulle kon in die rigting van enige van hulle vier kante beweeg, maar hulle het nie van koers verander as hulle beweeg nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wanneer hulle beweeg het, kon hulle in vier rigtings beweeg, sonder om af te draai wanneer hulle beweeg het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die wiele kon na enige kant toe beweeg, maar wanneer hulle beweeg het, dan kon hulle nie wegdraai nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die wiel binne ’n ander wiel het gemaak dat die wesens daar bo in enige rigting kon beweeg sonder om te draai as hulle beweeg.