Ezekiel 1:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat hulle ringe betref, hulle was so hoog dat hulle verskriklik was; en hulle ringe was vol oë rondom hulle vier.
Afrikaans (NLV) 2011
Die vier wiele was ontsagwekkend groot, en hulle was rondom vol oë.
Afrikaans 1933/1953
En hulle vellings -- die was hoog en die was wonderbaar; en hulle vellings was by al vier rondom vol oë.
Afrikaans 1983
Die wiele was groot en indrukwekkend en al vier se vellings was rondom vol oë.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En hulle vellings, dié was hoog en angswekkend; al vier hulle vellings was reg rondom vol oë.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die buitenste rande van die wiele was groot. Ek het geskrik vir hulle, want daar was oral oë rondom die rande van die vier wiele.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die wiele het my beïndruk omdat dit so groot was. Die buitenste raam waaroor die band van die wiel getrek was, was vol oë wat in alle rigtings gekyk het.