Ezekiel 1:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En as die lewende wesens getrek het, het die wiele by hulle gegaan; en as die lewende wesens van die aarde af opgelig is, het die wiele opgelig.
Afrikaans (NLV) 2011
Wanneer die vier wesens beweeg het, het die wiele saam met hulle beweeg. As hulle opgestyg het, het die wiele ook opgegaan.
Afrikaans 1933/1953
En as die wesens gaan, gaan die wiele naasaan hulle; en as die wesens hulle van die grond af ophef, word die wiele opgehef.
Afrikaans 1983
Wanneer die wesens beweeg het, het die wiele saam met hulle beweeg, en wanneer die wesens van die grond af opgestyg het, het die wiele ook opgestyg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wanneer die wesens beweeg, het die wiele langs hulle beweeg, en wanneer die wesens van die grond af opstyg, het die wiele saam opgestyg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wanneer die diere beweeg, dan het die wiele langs hulle ook beweeg, en wanneer die diere in die lug opgaan, dan het die wiele ook opgegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Elke keer wanneer die wesens gelyktydig begin beweeg, het die wiele onder hulle ook beweeg. Selfs wanneer die wesens van die grond af in die lug opgestyg het, het die wiele ook opgestyg.