Ezekiel 1:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Op die vyfde dag van die maand, dit was die vyfde jaar van koning Jojagin se ballingskap,
Afrikaans (NLV) 2011
Dit het gebeur gedurende die vyfde jaar wat koning Jojagin in ballingskap was.
Afrikaans 1933/1953
Op die vyfde van die maand -- dit was die vyfde jaar van die ballingskap van koning Jojagin --
Afrikaans 1983
Dit was op die vyfde van die maand en dit was die vyfde jaar van die ballingskap van koning Jojagin.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Op die vyfde van die maand, dit was die vyfde jaar van die ballingskap van koning Jojagin,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit was in die vyfde jaar nadat die Babiloniërs vir koning Jojagin gevang het en hom weggevat het na die land Babel. Op die vyfde dag van die maand
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit was die vyfde jaar nadat ons saam met ons koning Jojagin as gevangenes na die vreemde land weggeneem is. Ons het by die Kebarrivier gebly, naby die Persiese Golf in die land van die Babiloniërs.