Ezekiel 1:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Waarheen die gees ook al moes gaan, het hulle gegaan, daarheen was hulle gees om te gaan; en die wiele is teenoor hulle opgelig, want die gees van die lewende wese was in die wiele.
Afrikaans (NLV) 2011
Die gees van die vier lewende wesens was in die wiele. Daarom het die wiele en die wesens gegaan waar die gees ook al gegaan het.
Afrikaans 1933/1953
Waar die gees ook heen wou gaan, het hulle gegaan in die rigting wat die gees wou gaan; en die wiele is gelyktydig saam met hulle opgehef, want die gees van die wese was in die wiele.
Afrikaans 1983
Waarheen die Gees ook al wou, het hulle beweeg, en die wiele het saam opgestyg, want die wesens se gees was in die wiele.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Waarheen die gees wou gaan, het die wesens ook gegaan. Die wiele het saam met die wesens opgestyg, want die gees van die wesens was in die wiele.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het gegaan waar die Gees wou hê hulle moet wees, en die wiele het saam in die lug opgegaan, want die gees van die diere was in die wiele.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Gees van die vier lewende wesens was ook in die wiele. Waarheen die Gees ook al die wesens laat beweeg het, het die wiele saam beweeg. Die Gees was in beheer van dié vreemde ding waarna ek gekyk het.