Ezekiel 1:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe hulle gegaan het, het dié gegaan; en toe hulle staan, staan hulle; en toe hulle van die aarde af opgehef is, is die wiele teenoor hulle opgelig, want die gees van die lewende wesens was in die wiele.
Afrikaans (NLV) 2011
As die wesens beweeg het, het die wiele beweeg. En as die wesens stilgestaan het, het die wiele ook stilgestaan. As die wesens in die lug opgestyg het, het die wiele ook opgestyg, want die gees van die wesens was in die wiele.
Afrikaans 1933/1953
As die gaan, gaan hulle; en as die bly staan, staan hulle; en as die hulle van die grond af ophef, word die wiele gelyktydig saam met hulle opgehef, want die gees van die wesens was in die wiele.
Afrikaans 1983
Wanneer die wesens beweeg, beweeg die wiele; wanneer die wesens staan, staan die wiele; wanneer die wesens van die grond af opstyg, styg die wiele saam op, want die wesens se gees was in die wiele.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wanneer die wesens beweeg, beweeg die wiele, en wanneer die wesens staan, staan hulle. Wanneer die wesens van die grond af opstyg, styg die wiele saam met hulle op; ja, die gees van die wesens was in die wiele.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wanneer die diere beweeg, dan het die wiele ook beweeg. Wanneer die diere stilstaan, dan het die wiele ook stilgestaan. Wanneer die diere in die lug opgaan, dan het die wiele ook opgegaan, want die gees van die diere was in die wiele.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Elke keer wanneer die wesens beweeg het, het die wiele ook beweeg. En elke keer wanneer die lewende wesens gestop het, het die wiele ook dadelik tot stilstand gekom. Wanneer die lewende wesens in die lug opgestyg en weggevlieg het, het die wiele saam opgestyg en gevlieg. Dit was omdat die Gees van die lewende wesens in die wiele was.