Ezekiel 1:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die gelykenis van die uitspansel op die koppe van die lewende wesens was soos die kleur van die verskriklike kristal, bo-oor hulle koppe uitgestrek.
Afrikaans (NLV) 2011
Daar was ’n koepel bokant hulle koppe soos die horison. Dit het soos ’n kristal geblink, en dit was angswekkend.
Afrikaans 1933/1953
En oor die hoofde van die wesens was iets in die vorm van 'n uitspansel wat blink soos die wonderbare kristal, bo-oor hulle hoofde uitgesprei.
Afrikaans 1983
Bokant die wesens se koppe was iets wat gelyk het soos 'n gewelf, blink en skrikwekkend soos 'n ysberg. Die gewelf was bokant hulle koppe oopgespan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Bokant die koppe van die wesens was daar, in die vorm van 'n koepel, iets wat geskitter het soos kristal – angswekkend, gespan bo-oor hulle koppe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Bokant die diere was 'n hemeldak. Die hemeldak het gelyk soos ys. Ek het bang geword toe ek dit sien. Die hemeldak was bokant hulle koppe en dit was hard en styf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Bokant die koppe van die wesens was daar iets wat soos die horison gelyk het, en die lug van die horison het soos kristal geskitter. Dit het gelyk of daar ’n ysberg was, en die son het helder op die wit ys weerkaats. Hier onder het die vier wesens gestaan.