Ezekiel 1:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En onder die uitspansel was hulle vlerke reguit, die een na die ander: elkeen het twee gehad wat aan die een kant bedek was, en elkeen het twee gehad wat aan die ander kant hulle liggame bedek het.
Afrikaans (NLV) 2011
Onder hierdie oppervlakte was die vlerke van die wesens uitgestrek wat aan mekaar geraak het, en elkeen het ook twee vlerke gehad waarmee hulle hulle lywe bedek het.
Afrikaans 1933/1953
En onder die uitspansel heen was hulle vlerke reguit na mekaar uitgestrek; en elkeen het twee gehad wat duskant en anderkant hul liggame bedek het.
Afrikaans 1983
Onderkant die gewelf het hulle vlerke gestrek, die een teen die ander, en elkeen het met twee vlerke sy lyf bedek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Onder die koepel was hulle vlerke reguit na mekaar uitgestrek. Elkeen het twee vlerke gehad waarmee hulle hulle liggame bedek het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Onder die hemeldak was die diere. Die boonste vlerke van elke dier was oop, en elke vlerk het geraak aan die vlerk van die dier langs hom. Met die ander twee vlerke het elke dier sy lyf toegemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die vier wesens se boonste vlerke het aan mekaar geraak, en hulle onderste vlerke was toegevou. Daarmee het hulle hulle lywe bedek.