Ezekiel 1:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe hulle gaan, het ek die geraas van hulle vlerke gehoor, soos die geraas van groot waters, soos die stem van die Almagtige, die stem van spraak, soos die geraas van 'n leër; as hulle staan, het hulle hul vlerke laat sak.
Afrikaans (NLV) 2011
Wanneer hulle vlieg, het hulle vlerke gedreun soos golwe wat op die strand breek, of soos die stem van die Almagtige, of soos die geraas van ’n groot klomp soldate. En wanneer hulle stilstaan, het hulle die vlerke laat sak.
Afrikaans 1933/1953
En as hulle gaan, het ek die geruis van hulle vlerke gehoor soos die geruis van baie waters, soos die stem van die Almagtige -- 'n gedruis soos die gedreun van 'n leër. As hulle staan, het hulle hul vlerke laat sak.
Afrikaans 1983
Ek het die geruis van hulle vlerke gehoor. Wanneer hulle beweeg, was dit soos die geruis van 'n sterk waterstroom, soos die stem van die Almagtige, soos die gedruis van 'n menigte mense bymekaar, soos die gedreun van 'n leërmag. Wanneer hulle tot stilstand kom, het hulle hulle vlerke laat sak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het die geluid van hulle vlerke gehoor. Wanneer hulle beweeg, was dit soos die geluid van baie water, soos die stem van die Almagtige, die geluid van 'n mensemassa, soos die geluid van 'n leërmag. Wanneer hulle stilstaan, het hulle hulle vlerke laat sak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het gehoor hoe raas die vlerke van die diere. Dit was soos wanneer baie water raas, soos wanneer die Almagtige praat, soos wanneer baie mense bymekaar is, soos wanneer soldate raas. Wanneer die diere gaan staan het, dan het hulle die vlerke laat sak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wanneer die wesens gevlieg het, het hul vlerke geklap soos die see se golwe wanneer dit teen die rotse breek. Die geraas van die vlerke het my laat dink aan ’n rivier wat in volle vloed afkom. Dit was die Here se stem wat ek gehoor het wanneer die vlerke geklap het. Dit het geklink soos ’n groot klomp mense, ’n hele skare wat gelyktydig praat. Of soos ’n groot groep soldate wat gelyktydig skree en roep. Die Here wat oor alles en almal mag het, het so gepraat. En elke keer wanneer die wesens stil gaan staan het, het hulle hulle vlerke laat sak.