Ezekiel 1:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En daar was 'n stem van die uitspansel wat oor hulle hoofde was, toe hulle staan en hulle vlerke laat sak het.
Afrikaans (NLV) 2011
Daar het ’n stem gekom van bokant die koepel bo-oor die wesens se koppe, en hulle het hulle vlerke laat sak terwyl hulle tot stilstand kom.
Afrikaans 1933/1953
En daar het 'n stem gekom bo van die uitspansel af wat oor hulle hoof was; as hulle staan, het hulle hul vlerke laat sak.
Afrikaans 1983
Daar het 'n stem gekom van bokant die gewelf bo die wesens se koppe af. Hulle het hulle vlerke laat sak wanneer hulle tot stilstand kom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daar was 'n geluid bokant die koepel wat oor die koppe van die wesens uitgestrek het. Wanneer die wesens gaan staan het, het hulle hulle vlerke laat sak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Iemand het gepraat bokant die hemeldak, bokant die diere se koppe. Wanneer die diere gaan staan het, dan het hulle hulle vlerke laat sak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe die wesens stil gaan staan, het ’n stem vanuit die skitterende ysberg bokant hulle koppe gekom.