Ezekiel 1:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En bokant die uitspansel wat oor hulle hoofde was, was die gelykenis van 'n troon, soos die voorkoms van 'n saffiersteen;
Afrikaans (NLV) 2011
Bokant die koepel bo hulle koppe was daar iets soos ’n troon van blou saffier. Hoog bokant hierdie troon was daar ’n figuur wat soos ’n mens gelyk het.
Afrikaans 1933/1953
En bokant die uitspansel wat oor hulle hoof was, was iets wat soos saffiersteen gelyk het, in die gestalte van 'n troon; en op die troongestalte 'n gestalte wat soos 'n mens gelyk het.
Afrikaans 1983
Bokant die gewelf bo hulle koppe was daar iets soos saffier met die vorm van 'n troon, en daarop was 'n gestalte met die voorkoms van 'n mens, hoog daarbo.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Bokant die koepel wat bo hulle koppe was, was daar iets wat soos •lasuursteen lyk, in die vorm van 'n troon; en daarbo, op wat soos 'n troon lyk – daarop was 'n gestalte met die voorkoms van 'n mens.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Bokant die hemeldak wat bokant die diere se koppe was, was daar iets wat gelyk het soos saffierklip. Dit het gelyk soos 'n troon, en hoog bo-op die troon was daar iets wat gelyk het soos 'n mens.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Bokant die wesens se koppe was daar iets wat gelyk het soos ’n reusesitplek waarop ’n koning sit. Dit het gelyk of hierdie sitplek van hemelsblou edelstene gemaak is. En hoog bo-op die troon het Iemand gesit wat vir my na ’n Mens gelyk het. Hy het ver bokant die troon uitgestaan, so groot was Hy.