Ezekiel 1:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ek het gesien soos die kleur van amber, soos die voorkoms van vuur rondom daarbinne, van die voorkoms van sy lendene af tot bo, en van die voorkoms van sy lendene af tot ondertoe, ek het gesien asof dit die voorkoms van vuur was, en dit het rondom helderheid gehad.
Afrikaans (NLV) 2011
Van sy heupe af boontoe het sy lyf gegloei soos witwarm metaal. En van sy heupe af ondertoe het hy gelyk soos ’n baie helder vlam wat brand.
Afrikaans 1933/1953
Ek sien toe iets soos blinkende metaal; van wat soos sy lendene gelyk het boontoe soos vuur, rondom in 'n omhulsel gevat; en van wat soos sy lendene gelyk het ondertoe, het ek iets gesien soos vuur met 'n glans daaromheen.
Afrikaans 1983
Van wat gelyk het na sy heupe, daarvandaan boontoe, het dit vir my gelyk na die glans van gloeiende wit metaal, na iets soos vuur met 'n rand rondom, en van wat gelyk het na sy heupe, daarvandaan ondertoe, het dit vir my gelyk na vuur met 'n helder glans rondom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek sien toe Hy is skitterend soos witgoud, byna soos vuur vasgevang in 'n omhulsel, vanaf wat na sy heupe gelyk het boontoe. En vanaf wat na sy heupe gelyk het ondertoe, het ek gesien dit lyk soos vuur, omring deur 'n helder gloed.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Iets het gelyk soos sy heupe, en bokant die heupe het dit vir my gelyk soos blink metaal, soos vuur, en om die vuur was 'n rand. Onderkant die heupe het dit vir my gelyk soos vuur, en om die vuur was lig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Man se bolyf het gegloei. Dit het gelyk of dit van lopende, witwarm metaal gemaak is, so helder het dit geblink. Dit het gelyk of daar vuur uit sy bolyf kon kom, so het dit geskitter. En sy onderlyf het net so geskitter, asof dit van ’n baie warm vuur gemaak is.