Ezekiel 1:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die woord van die HERE het uitdruklik gekom tot Esegiël, die priester, die seun van Busi, in die land van die Chaldeërs by die Kebarrivier; en die hand van die HERE was daar op hom.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here het vir my, Esegiël die seun van Busi, die priester, ’n boodskap gegee. Ek was langs die Kebarrivier in die land van die Babiloniërs. En die hand van die Here was daar op my.
Afrikaans 1933/1953
het die woord van die HERE uitdruklik gekom tot Es,giël, die seun van Busi, die priester, in die land van die Chaldeërs, by die Kebarrivier; en die hand van die HERE was daar op hom.
Afrikaans 1983
Die woord van die Here het tot die priester Esegiël seun van Busi gekom. Dit het gebeur aan die Kebarrivier in Galdeërland. Die mag van die Here het vir Esegiël daar in besit geneem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
het die woord van die Here duidelik tot die priester Esegiël, seun van Busi, gekom in die land van die Galdeërs aan die Kebarrivier. Die hand van die Here was daar op hom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
het ek, die priester Esegiël, seun van Busi, duidelik gehoor die Here praat met my. Dit was in Galdeër-land, by die Kebar-kanaal. Ek het gevoel die Here sit sy hand op my.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here het Hom op ’n spesiale manier aan my bekendgemaak: Hy het direk uit die hemel met my gepraat. Ek het Hom gesien. Sy hand was swaar op my. Hy het vir my ’n boodskap gegee om vir my eie mense te bring.