Ezekiel 1:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ek het gesien, en kyk, daar het 'n stormwind uit die noorde gekom, 'n groot wolk en 'n vuur wat hom invou, en 'n glans was rondom dit, en daaruit soos die kleur van amber, uit die middel van die vuur.
Afrikaans (NLV) 2011
Terwyl ek gekyk het, sien ek ’n groot storm na my toe aankom uit die noorde. Voor die storm was daar ’n reuse wolk waarin die weerlig slaan en ’n helder lig brand. Die vuur binne-in die wolk het soos gloeiende metaal geblink.
Afrikaans 1933/1953
Toe het ek gekyk -- en daar het 'n stormwind uit die noorde gekom, 'n groot wolk met onophoudelike vuur; en 'n glans was rondom die wolk, en daaruit, uit die vuur, het iets soos blinkende metaal geskitter.
Afrikaans 1983
Ek het 'n gesig gesien. Daar het 'n storm uit die noorde gekom, 'n groot wolk. Vlamme het heen en weer geflits en daar was 'n helder skynsel om die wolk. Van binne uit, uit die vuur uit, het dit geblink soos gloeiende wit metaal.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het gesien, kyk, 'n stormwind kom uit die noorde, 'n groot wolkmassa met 'n vuur van weerligstrale wat aanhoudend blits, en 'n helder gloed rondom die wolkmassa. Daarin, in die vuur, was daar iets wat soos witgoud skitter.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het gekyk en ek het gesien daar kom 'n stormwind uit die noorde. Daar was 'n groot wolk, en rondom die wolk het vuur gebrand en die vuur het helder geskyn. Daar was iets in die vuur wat geblink het en wat soos metaal geskyn het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Voor my oë het ’n toneel afgespeel. Ek het ’n storm uit ’n noordelike rigting sien aankom. Groot storms hier in Babilonië kom altyd uit die noorde. Die stormwind het saam met donker wolke gekom, met weerlig wat heen en weer flits en die wolke helder verlig. Dit het gemaak dat die wolke soos flikkerende vuur gegloei het, asof daar gloeiende geelkoper daarin was.