Ezekiel 1:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het die hande van 'n man onder hulle vlerke aan hulle vier kante gehad; en hulle vier het hulle aangesigte en hulle vlerke gehad.
Afrikaans (NLV) 2011
Onder elkeen van die vier vlerke kon ek hande sien soos dié van mense.
Afrikaans 1933/1953
en mensehande was onder hulle vlerke aan hulle vier kante. Maar aangaande die aangesigte en die vlerke van al vier,
Afrikaans 1983
Onder hulle vlerke aan elk van die vier kante van elkeen was daar menshande. Al vier wesens het gesigte en vlerke gehad.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daar was mensehande onder hulle vlerke aan vier kante. Wat die gesigte en vlerke van al vier betref:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Onder elkeen se vier vlerke, langs die vier kante, was hande, dit het gelyk soos 'n mens se hande. Die vier diere het almal gesigte en vlerke gehad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Onder elke vlerk was daar ’n hand. Vier is die getal wat na die vier windrigtings verwys, en die volgende sê: die Here kan enigiets doen en Hy kan in enige rigting beweeg.