Ezekiel 2:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Hy het vir my gesê: Mensekind, staan op jou voete, en Ek sal met jou spreek.
Afrikaans (NLV) 2011
“Staan op, mensekind,” het die stem gesê. “Ek wil met jou praat.”
Afrikaans 1933/1953
En Hy het vir my gesê: Mensekind, staan op jou voete, dat Ek met jou kan spreek.
Afrikaans 1983
Die stem het vir my gesê: “Mens, staan regop, Ek wil met jou praat.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het vir my gesê: “Mensekind, staan regop, dan sal Ek met jou praat.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Persoon het vir my gesê: “Mens, staan regop, Ek wil met jou praat.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die stem wat met my gepraat het, het duidelik gesê: “Staan op, mens. Ek wil vir jou iets sê.”