Ezekiel 2:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar jy, mensekind, hoor wat Ek vir jou sê; Wees nie wederstrewig soos daardie wederstrewige huis nie; maak jou mond oop en eet wat Ek jou gee.
Afrikaans (NLV) 2011
“Mensekind, luister na wat Ek vir jou sê. Moenie so opstandig wees soos hulle nie. Maak jou mond oop en eet wat Ek vir jou gee.”
Afrikaans 1933/1953
Maar jy, mensekind, luister na wat Ek jou sê; wees nie wederstrewig soos die wederstrewige huis nie; maak jou mond wyd oop, en eet wat Ek jou gee.
Afrikaans 1983
En jy, mens, luister na wat Ek vir jou sê. Moenie weerbarstig wees soos hierdie weerbarstige volk nie, maak oop jou mond en eet wat Ek jou gee.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En jy, mensekind, luister na wat Ek vir jou sê. Moenie opstandig wees soos die rebelse huis nie. Maak jou mond wyd oop en eet wat Ek vir jou gee. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
En jy, mens, jy moet luister na wat Ek vir jou sê, jy moenie opstandig wees soos hierdie opstandige volk nie. Maak oop jou mond en eet wat Ek vir jou gee.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“En jy moet mooi luister na wat Ek nou vir jou gaan sê. Pas op dat jy nie ook teen My in opstand begin kom soos hierdie volk nie. Pas op dat jy nie ook later ’n rebel word soos die mense vir wie jy my boodskap moet gaan verkondig nie. “Maak nou oop jou mond. Ek wil vir jou iets gee wat jy moet eet.”