Ezekiel 2:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe ek kyk, kyk, 'n hand is na my gestuur; en kyk, 'n boekrol was daarin;
Afrikaans (NLV) 2011
Toe sien ek ’n hand wat na my toe uitgesteek word. Dit het ’n boek vasgehou.
Afrikaans 1933/1953
Toe kyk ek, en daar was 'n hand na my toe uitgesteek, en daarin 'n boekrol!
Afrikaans 1983
Toe sien ek daar is 'n hand na my toe uitgesteek, en in die hand was 'n boekrol.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek sien toe, kyk, daar is 'n hand uitgestrek na my – met 'n •boekrol!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
En toe ek kyk, sien ek Hy het sy hand uitgesteek na my toe, en in sy hand sien ek 'n boekrol.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
[9-10] Ek het toe ’n hand gesien wat na my uitgesteek word. Die hand het ’n boek vasgehou. Dié boek was op die voorblad en die agterblad, en aan al die kante volgeskryf met iets. Ek het stip na die boek gekyk en probeer lees wat daarop geskryf staan. Ek sien toe dit is liedere wat baie hartseer mense sing, mense wat treur oor die dood van iemand vir wie hulle baie lief was. Daar was ook liedere wat mense by die graf sing as hulle iemand begrawe wat baie naby aan hulle was.