Ezekiel 24:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom, so sê die HERE HERE: Wee die bloedige stad! Ek sal selfs die stapel vir vuur groot maak.
Afrikaans (NLV) 2011
“Die oppermagtige Here sê: Rampe wag verseker vir Jerusalem, die stad vol moordenaars! Ek sal self hout op die vuur onder haar pak.
Afrikaans 1933/1953
Daarom, so sê die Here HERE: Wee die bloedstad! Âk sal ook die houtstapel groot maak.
Afrikaans 1983
So sê die Here my God: “Ellende wag vir die stad van bloedvergieting. Ek gaan 'n groot hoop hout aanpak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ ‘ “Daarom,” so sê my Heer, die Here: “Wee die stad van bloedskuld! Op my beurt maak Ek die houtstapel groot:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here, Hy wat Here is, sê: “Daarom, dit sal sleg gaan met die bloedstad. Ek sal self 'n groot vuur maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
So sê die Here, die God van Esegiël: “Jerusalem gaan verwoes word, want dit is ’n stad vol mense wat ander doodmaak. Ek sal self die vuur pak wat onder die pot sal brand.