Ezekiel 26:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy sal oorlogvoertuie teen jou mure opstel, en met sy byle sal hy jou torings afbreek.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy sal jou mure met stormramme omstamp en jou to-rings met sy wapens omgooi.
Afrikaans 1933/1953
En hy sal die stoot van sy stormram teen jou mure rig en jou torings met sy breekysters afbreek.
Afrikaans 1983
Dan sal hy met sy stormramme jou mure omstamp en jou torings afbreek met sy koevoete.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die houe van sy stormramme sal hy teen jou mure rig, jou torings sal hy met sy breekysters afbreek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy sal met 'n stormram teen die mure stamp en hy sal die torings stukkend slaan met ysters.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy sal al jou mure afbreek en jou torings vernietig.