Ezekiel 30:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die jongmanne van Aven en Pibeset sal deur die swaard val, en hierdie stede sal in ballingskap gaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Heliopolis en Bubastis se jong manne sal omkom in die oorlog en die vroue sal as gevangenes weggevoer word.
Afrikaans 1933/1953
Die jongmanne van On en Pi-Beset sal deur die swaard val, maar hulle self sal in gevangenskap gaan.
Afrikaans 1983
Die jongmanne van Awen en Pi-Beset sal doodgemaak word en die ander inwoners sal in ballingskap weggevoer word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die jongmanne van On en Pi-Beset sal deur die swaard val; die stede self sal in ballingskap gaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die jongmanne in die stede Awen en Pi-Beset sal in die oorlog sterf, en die mense in daardie stede sal gevangenes word, hulle sal moet weggaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die jongmense wat in Awen en Pi-Beset bly, sal in die oorlog doodgemaak word. En die vroue sal as gevangenes na vreemde lande weggevoer word.