Ezekiel 37:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Hy sê vir my: Mensekind, kan hierdie bene lewendig word? En ek het geantwoord: HERE HERE, U weet dit.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe vra Hy: “Mensekind, kan hierdie bene weer lewende mense word?” “Oppermagtige Here, U alleen ken die antwoord,” het ek gesê.
Afrikaans 1933/1953
Toe sê Hy vir my: Mensekind, kan hierdie bene lewendig word? En ek antwoord: Here HERE, U weet dit.
Afrikaans 1983
Toe vra Hy vir my: “Mens, kan daar in hierdie bene weer lewe kom?” Ek het geantwoord: “Nee, dit weet net U, Here my God.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy vra toe vir my: “Mensekind, kan hierdie beendere leef?” Ek het geantwoord: “My Heer, Here, net U weet dit.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het vir my gevra: “Mens, kan hierdie bene weer lewe?” Ek het geantwoord: “Here, U wat Here is, net U weet dit.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe vra die Here vir my: “Mens, kan hierdie bene weer lewendig word? Kan daar lewendige mense uit hierdie bene kom?” “Here, my God, U alleen weet wat die antwoord daarop is,” het ek geantwoord.