Ezekiel 46:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê hy vir my: Dit is die plekke van die wat kook, waar die dienaars van die huis die offer van die volk moet kook.
Afrikaans (NLV) 2011
Die man het vir my gesê: “Dit is die kombuise waar die tempelbediendes die offervleis van die volk gaarmaak.”
Afrikaans 1933/1953
En hy het vir my gesê: Dit is die kookhuis waar die dienaars van die huis die slagoffer van die volk moet kook.
Afrikaans 1983
Die man het vir my gesê: “Dit is die kookplekke waar die tempelbediendes die offervleis van die volk gaarmaak.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy sê toe vir my: “Dit is die plek waar hulle moet kook, waar die tempeldienaars die offerandes van die volk moet gaarmaak.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die man het vir my gesê: “Dit is die plek waar die mense die offer-vleis van die volk moet gaarmaak, die mense wat by die tempel werk.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die man het vir my gesê: “Hier maak die mense wat in my huis werk, die vleis gaar wat die volk vir die Here bring.”