Ezekiel 47:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Hy sê vir my: Mensekind, het jy dit gesien? Toe het hy my gebring en my na die rand van die rivier laat terugkeer.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy vra toe vir my: “Mensekind, het jy dit gesien?” Toe lei hy my terug na die rivier se oewer.
Afrikaans 1933/1953
En hy het vir my gesê: Het jy dit gesien, mensekind? Toe het hy my weer terug laat loop aan die kant van die stroom.
Afrikaans 1983
Die man sê toe vir my: “Sien jy dit, mens?” Hy laat my toe al langs die stroom terugstap.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het vir my gevra: “Sien jy dit, mensekind?” Hy het my weer na die stroom se wal laat terugkeer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die man sê toe vir my: “Mens, het jy dit gesien?” Hy het my op die wal van die rivier laat terugloop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die man sê toe vir my: “Het jy opgelet wat gebeur het?” Toe stap ek saam met hom al langs die stroom terug tot by die huis van die Here.